Namibië op CDC se vlak 3
Namibië is een van vier lande wat deur die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer (CDC) op sy vlak vir hoërisikobestemmings vir Covid-19 gevoeg is.
Dié vlak is van toepassing op lande wat meer as 100 gevalle per 100 000 inwoners in 28 dae gehad het. Hoewel Namibië veral in Mei ’n toename van gevalle en sy positiwiteitskoers gehad het, het dié vlakke weer begin afneem. Dinsdag is 90 nuwe gevalle aangemeld en die positiwiteitskoers was 11,8%. Die land se aktiewe gevalle het toe op 2 016 gestaan, van wie 73 in die hospitaal en ses in die intensiewesorgeenheid (ICU) was. Die herstelkoers is 96,4%, terwyl 24% van die geoormerkte bevolking ten volle ingeënt is.
Volgens die vlak 3-kategorie word reisigers aangemoedig om hul besoek aan die land te heroorweeg weens “ernstige risiko vir veiligheid en sekuriteit”.
Vlak 1, die laagste vlak, beveel aan reisigers moet “normale voorsorgmaatreëls toepas”, terwyl vlak 2 fokus op “verhoogde waaksaamheid”. Die redes vir die toekenning van die verskeie vlakke wissel van misdaad, terrorisme, burgerlike onrus, natuurrampe tot gesondheidsrisiko’s wat insluit huidige uitbrekings van siekte of ’n krisis wat die land se mediese infrastruktuur ontwrig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie