Media Roadshow 2024 is hier

Kweek mediavaardighede onder die jeug
Die Media Roadshow wat in verskeie streke 'n draai gaan maak, gaan meer as 300 leerlinge landswyd betrek.
Henriette Lamprecht
Junior Kapofi - In ’n poging om etiese joernalistiek te kweek en mediavaardighede by jong plaaslike talent te bevorder, het Namibia Media Holdings (NMH) se My Zone-publikasie vanjaar sy Media Roadshow amptelik by die Sekondêre Skool Academia in Windhoek afgeskop.

Die inisiatief wat ten doel het om My Zone se redakteurspan en ook skoolverslaggewers met die nodige vaardighede toe te rus, dek ’n reeks onderwerpe, insluitend etiese joernalistiek, die bestuur van sosiale media, televisieproduksie asook die gebruik van die jongste tegnologieë waaronder chatbot.

Meer as 60 leerlinge van verskeie skole in die Khomasstreek het die bekendstelling bygewoon. Die span gaan skole in Otjozondjupa, Hardap, ||Kharas, Omaheke, Oshana, Kavango-Oos en Oshikoto besoek.

Enzo Amuele wat aan die stuur van My Zone en jeugontwikkeling staan, het beklemtoon die besoek dien as ’n platform om die drome van jong joernaliste te verwesenlik.

“Deur die krag van die media wil ons ons stemme laat hoor, ons eweknieë inspireer en kommunikasie skep waar innovering geen grense het nie.”

NMH se uitvoerende hoof, Albe Botha, het op sy beurt die belangrikheid beklemtoon om verskillende stories uit verskeie skole te deel. Hy het ’n beroep op die My Zone-spanne op skoolvlak gedoen om die platform doeltreffend te gebruik om die onvertelde stories van jong mense die lig te laat sien.

“Daar gebeur baie meer in skole as net sport. My uitdaging aan julle is om hierdie platform te gebruik om jou storie daar buite te kry en so die stories van jong mense te vertel,” het Botha gesê.

Die Media Roadshow word moontlik gemaak deur Standard Bank Namibia, Pupkewitz Toyota, Pick n Pay Namibia, Metro Namibia, Coca-Cola Africa, Energade South Africa, Beacon Treats en Jungle South Africa.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!