Sonde met NBC se takssyfers
Verliese beloop N$1.6 miljard
Ouditbewyse aan die belastinggaarder kon nie die rekenmeesters tevrede stel nie.
Die kantoor van die ouditeur-generaal het bevind dat die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) nie volledig rekenskap kan gee van die kapitaalbedrag van die lopende betaalstelsel (PAYE) wat vir hul 2019-boekjaar opsy gesit is nie, wys die jongste verslag oor die uitsaaier.
Die NBC het N$41 miljoen vir PAYE-uitgawes begroot en N$91 miljoen vir rente- en boete-uitgawes wat aan die Namibiese inkomste-agentskap (NamRA) betaal moet word, toon die ouditverslag van 2020.
Die uitsaaier se finansiële state dui aan dat N$142 miljoen opsy gesit is vir PAYE-kapitaal, N$96 miljoen vir boetes en rente op uitstaande LBS, N$55 080 vir agterstallige belasting op toegevoegde waarde (BTW) en N$2,3 miljoen vir boetes en rente op invoer BTW vir 2019.
VERSKAF DIE BEWYSE
“Die ouditeure was nie in staat om ouditbewyse vir die volledigheid, bestaan, akkuraatheid en waardasie van handels- en ander krediteure te bekom nie aangesien die korporasie [NBC] nie voldoende en toepaslike bewyse kon verskaf vir PAYE-kapitaal ten bedrae van N$41,7 miljoen van die N$145 miljoen wat aangeteken is op nota 16 van die finansiële state en PAYE-boetes en renteverpligtinge van N$96 miljoen, wat ook op nota 16 van die finansiële state geopenbaar word nie,” het die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) gesê.
Daar was verder geen geloofwaardige rekeningkundige prosedures wat hulle kon volg om die bestaan van die LBS-kapitaal, agterstallige boetes of rente vas te stel nie, het hy bygevoeg.
“Die ouditeure kon gevolglik nie tevrede gestel word nie.”
N$1.6 MILJARD IN DIE ROOI
Die ouditverslag het ook opgemerk dat NBC verliese van N$1,6 miljard opgehoop het.
“Die korporasie het ’n geskiedenis van bedryfsverliese wat tot N$1,6 miljard opgehoop het, maar hy het nie waardedalingsbepalings van die bates gedoen nie,” het hy gesê.
Die OG was nie tevrede met ’n huurooreenkoms wat aangegaan is vir satelliethuur wat vir die uitsaaier se bedrywighede gebruik word nie.
“Die korporasie het huuruitgawes vir ’n antwoordsender (transponder) van N$12,6 miljoen aangegaan, wat nie as koste van verkope getel kan word nie. Die korporasie kon nie die oorspronklike kontrak aan die ouditeure gee ingevolge die vereiste standaarde van internasionale finansiële verslagdoening nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie