Toerisme Ekspo betrek twee miljoen aanlyn
Meer as 6 000 besoekers het vanjaar se Toerisme Ekspo bygewoon, terwyl gereelde plasings in die sosiale media en veral Facebook tot twee miljoen mense geraak het. Uit laasgenoemde was 1,3 miljoen mense direk op die Tourismus Namibia-blad. Vanjaar is weer koopbewyse toegeken en besoekers kon vir koopbewyse ter waarde van N$1 000 elk kwalifiseer. Die totale bedrag was N$250 000. Dié bewyse kon by uitstallers se stalletjies ingeruil word wanneer verblyf bespreek is. Die twee hoofborge van die ekspo, First National Bank (FNB) en Namibia Breweries Limited (NBL), het dié inisiatief ondersteun en was self ook teenwoordig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie