Tradisionele Nama-musiek bevorder
Nikanor Nangolo – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in vennootskap met die Namibië Nasionale Kommissie vir die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) het die mobiele uitstalling vir die projek getiteld “Aixan ganajob #ans tsi ||khasigu” van stapel gestuur, wat verwys na voorvaderlike musikale klanke, kennis en vaardighede van tradisionele Nama-musiek.
Die musiek dien as die basis van die oordrag van kennis en vaardighede, sowel as om vermaak in Nama-gemeenskappe te verskaf.
Volgens ’n ministeriële verklaring is die Nama- tradisionele musiekelement in Desember 2020 op die Unesco-lys geplaas aangesien ’n dringende behoefte bestaan dat dit bewaar moet word.
Gedurende dieselfde tyd het Namibië internasionale ondersteuning versoek om te verseker dat die musiekelement behoue bly vir die volgende generasies.
Volgens die ministerie kry die projek al hoe meer ondersteuning op gemeenskapsvlak. Die projek is gebaseer op twee hoofbeginsels, naamlik bewusmaking en opleiding, en is hoofsaaklik daarop gerig om meer jong mense by die praktyke te betrek en die plaaslike jeug op te lei.
Aktiwiteite sluit in die ontwikkeling van bewusmakings- en opvoedkundige materiaal om gemeenskappe te betrek en om die verdere oordrag van die musiek aan toekomstige generasies te verseker.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie