NTFA’s weer uitgestel
Die Nasionale Teater (NTN) en die Namibiese Filmkommissie (NFC) het aangekondig dat die sesde Namibiese Teater- en Filmtoekennings (NTFA’s) weens die “wydverspreide impak van die pandemie” uitgestel is.
Luidens ’n mediaverklaring wat die NTFA-raad op Facebook gedeel het, het die pandemie rimpeleffekte binne die kreatiewe en kulturele sektor veroorsaak, veral in verband met die voldoende produksie van teater- en filminhoud wat vir die toekennings in aanmerking kan kom.
“Sedert die NTFA’s in 2010 tot stand gekom het, het dit oor die jare geweldig gegroei en in die proses is teaterpraktisyns, filmmakers en diegene wat bygedra het tot die kreatiewe en kulturele sektor in Namibië erken, gevier en vereer.
“Die inspirerende werk wat verskeie kreatiewe rolspelers ondanks die gebrek aan hulpbronne lewer, gaan voort om ons mense se herinneringe en drome te vorm. Ons wil dus alle kreatiewe rolspelers aanmoedig om aan te hou skep en outentieke Namibiese stories te vertel,” lui die mediaverklaring.
Meer inligting oor die volgende toekenningsgeleentheid sal in ’n latere stadium bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie