OYO-dansgroep vanaand op die verhoog
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se dansgroep bied vanaand hulle eerste dansvertoning vir die 2023 - getiteld Not Again! - by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan.
Die groep sal twee repertoriumstukke aanbied en een getiteld Finlandia weer opvoer; die stuk wat hulle einde verlede jaar vir die Finse onafhanklikheidsdag voorgedra het.
Tydens die geleentheid sal die OYO-dansgroep ook hul program vir die jaar bekend maak, wat twee mega-produksies insluit, en 'n klein lokvertoning oor een van die projekte aanbied. Maak dus seker dat jy nie die geleentheid misloop nie.
Die vertoning begin om 19:00 en kan gratis bygewoon word.
Kontak Karolina by [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie