Tucks & Tiaras beloof ‘glans, verrassings en onvergeetlike musikale oomblikke’
Vier platsak en werklose fopdossers (“drag queens”) wil die vaardighede tot hul beskikking – as amateur vroulike nabootsers – gebruik om mense te vermaak en te laat glimlag “terwyl ons almal probeer om die begin van die nuwe jaar te oorleef”.
“Fopdossery kan verskeie interpretasies hê, maar word losweg gedefinieer as 'n oordrewe optrede wat karikature van manlike of vroulike stereotipes skep of dit uitdaag. Met uitspattige kostuums, grimering en karakters, probeer fopdossery sin maak van ons menslike begeerte na pret en kreatiwiteit. In wese is ‘drag’ ’n kreatiewe geleentheid – ’n betekenisvolle en persoonlike vorm van selfuitdrukking.
“Vele kunstenaars voel ook dit gee hulle ’n stem en lei tot selfaanvaarding.”
So sê die individue agter ’n nuwe inisiatief genaamd Tucks & Tiaras wat ’n “veilige ruimte” vir dié verhoogkunstenaars in Namibië wil skep. Hulle meen dié soort optredes kan grense verskuif, persoonlike genesing en ondersteuning bied en “ons herinner om pret te hê langs die pad”.
Hoewel dit meer algemeen deur lede van die LGBTQIA -gemeenskap uitgevoer word, word fopdossery geleidelik ’n meer algemene verskynsel in die hoofstroom-samelewing, sê die “queens”, wat graag die konsep van fopdossery in Namibië wil ontwikkel.
Deur op die verhoog te sing en hul waarheid “kreatief uit te leef”, wil hulle mense wys dat om outentiek op te daag en jouself lief te hê, is ’n pragtige ding wat gevier moet word”.
“Veilige ruimtes is nou belangriker as ooit tevore en ons wil graag verseker dat ons die veiligheid en genot van ons gaste prioritiseer, ongeag watter geleentheid hulle bywoon.”
Gaste kan glans en verrassings te wagte wees, sowel as onvergeetlike musikale oomblikke wat jou tot in die oggendure kan laat saamsing en dans.
Tucks & Tiaras: Strapped 4 Cash, die eerste geleentheid onder hierdie inisiatief, vind komende Donderdag 26 Januarie by MYNT Nightclub plaas.
’n Beperkte aantal kaartjies is vooraf teen N$100 via PayToday op MYNT Nightclub Namibia beskikbaar, of teen N$150 by die deur op die aand van die vertoning.
Die vertoning begin om 20:00 en duur tot omstreeks 21:30, waarna almal tot middernag kan saamkuier!
Skakel gerus 081 615 4075 om ’n tafel vir jou groep te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie