Wilde kind Danella sing weer in haar vaderland
Een van Namibië se eie wilde kinders het uit Nederland kom kuier en sal komende Vrydag, 4 Maart, by die Take Note Garden Fest optree. Danella Smith, die Namibies gebore sanger en kitaarspeler van die Nederlandse band Wilde Kind, en Take Note, Namibië se legendariese 30 jaar oue musiekwinkel, beloof ’n aand van fantastiese musiek onder die sterre.
Wilde Kind se lirieke en komposisies word sterk deur Danella se Namibiese erfenis beïnvloed. Die melodieë en klanke verpersoonlik 'n unieke Afrika-gees.
Die groep bestaan uit lede van Namibië, Spanje, Engeland, Duitsland, Nederland, Estland, Frankryk en Ecuador.
Die meeste van Wilde Kind se liedjies kombineer elemente van alternatiewe folk, indie rock en melancholiese klanke.
Danella se lirieke is waaghalsig en betekenisvol; huidige sosiopolitieke kwessies vind ’n plek in haar komposisies, maar ook haar liefde vir die natuur en haar nostalgie vir haar vaderland. Sommige liedjies is in Engels geskryf en ander in Afrikaans.
Ten spyte van haar gelukkige lewe in haar nuwe tuiste, het Danella nie haar Afrika-wortels agterweë gelaat nie. In haar liedjies neem sy haar gehoor gereeld op ’n nostalgiese reis van die Namibiese natuur en kultuur.
Die twee plaaslike musiekgunstelinge Slickartie en Grappi&Jaco sal die aand open.
Kry jou kaartjies vooraf by die winkel teen N$150, of by die deur op die aand van die vertoning. ’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar en vooraf besprekings word aanbeveel.
Vir meer inligting, kontak [email protected], [email protected] of skakel +264 83 322 8198.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie