Sowat 100 van Waterberg se buffels is op die mark. Foto ter illustrasie PIXABAY.COM
Sowat 100 van Waterberg se buffels is op die mark. Foto ter illustrasie PIXABAY.COM

100 Waterberg-buffels te koop

Park bereik ‘maksimum drakrag’
Belangstellendes moet teen 24 Augustus hul aanbiedinge vir die buffels by die ministerie se hoofkantoor indien.
Elvira Hattingh
Altesaam sowat 100 van meer as 400 buffels in die Waterberg Plateau-park sal binnekort deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme van die hand gesit word.

Dit weens die feit dat die park tans maksimum drakrag bereik het.

In ’n kennisgewing in koerante verlede week, het die ministerie verduidelik ter wille van goeie bestuurspraktyk, is ’n behoefte geïdentifiseer om die huidige buffelbevolking in die park te verminder.

Die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het aan joernaliste bevestig die park het weer te veel buffels.

“Met meer as 400 buffels is die park op sy maksimum kapasiteit vir drakrag . . .” het hy gesê.

Die ministerie het verduidelik hy is die “bewaarder van wild wat aan die regering behoort, wat insluit die Waterberg Plateau-park se siektevrye buffels, wat van hoë waarde is en uitstekende genetika het.”

Belangstellende partye is genooi om geskrewe aanbiedinge by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek teen 24 Augustus om 16:30 in te dien.

Die buffels sal in vier lotte van 25 diere elk, wat uit tien bulle en 15 koeie elk bestaan, verkoop word.

Die ministerie het gesê kopers sal slegs kwalifiseer in terme van Namibië se regulasies vir dieregesondheid en dat diegene wat tenders indien, bewys sal moet kan lewer dat hul onderskeie lande hulle sal toelaat om die buffels in te voer. Hulle sal ’n invoerpermit moet kan toon.

Verder sal die koper verantwoordelik wees vir die koste verbonde aan die toetsing en die bomas waarin die buffels aangehou moet word. Selektiewe vangste sal nie toegelaat word nie en kopers sal die risiko dra tydens en ná die vang van die buffels.

Verder is aangedui dat maatskappye wat in die geheel of gedeeltelik aan voorheen benadeelde Namibiërs behoort, voorkeur sal geniet.

Buffels in die park word dikwels na ander lande uitgevoer wanneer hulle getalle te veel raak.

In 2019 het Zambië byvoorbeeld sowat 200 van hierdie buffels ontvang.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!