Agribusdev-raad “word betaal vir niksdoen’
Nog geen raadsvergaderings sedert April 2021
Die onenigheid tussen die maatskappy se bestuurders en sy besturende direkteur het sake verder bemoeilik, met die twee partye wat voortdurend koppe stamp oor hoe projekte bestuur moet word.
Die land se landbou-semistaatsinstelling, wat hom tans in niemandsland bevind, het na bewering retensiegeld van nagenoeg N$300 000 aan raadslede betaal – ondanks die feit dat geen resultate sedert hul aanstelling in April 2021 opgelewer is nie.
Vanuit die maatskappy se binnekring is ons susterkoerant Namibian Sun meegedeel dat die vyf Agribusdev-direksielede sedert hul aanstelling nog nie een vergadering gehad het nie.
Die direksie is ook daarvan beskuldig dat hulle geen strategiese rigting aan die maatskappy verskaf het nie.
’n Bron binne die maatskappy het gesê: “Die direksie het in April vanjaar sy retensiegelde geëis, wat na hul aanstellingsdatum terugdateer. Dié eis was slegs omdat hulle nie sittingsgelde kon eis nie, aangesien hulle geen raadsvergaderings gehad het nie”.
Dr. Rosemary Shikangalah as voorsitter en mnr. Jacob Nyambe as ondervoorsitter, sowel as mnre. Inekela Kambindji en Lucas Ndjamba en me. Johanna Andowa is verlede jaar aangestel om bedrywighede by die maatskappy weer in rat te kry.
Slegs ’n maand ná hul aanstelling het ’n dokument uitgelek waarin mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, aanbeveel het dat Agribusdev gesluit moet word.
Dié verwikkeling het raadslede glo in ’n moeilike posisie geplaas, met sommiges wat gevoel het dit sou onsinnig wees om tyd en hulpbronne in die herlewing van die maatskappy te belê as aandeelhouers geen toekoms daarvoor sien nie.
Ndjamba, ’n uitvoerende beampte by die Namibiese Padongelukfonds (MVAF), het in September verlede jaar die direksie verlaat en gesê “persoonlike redes” het hom aangespoor om vyf maande ná sy aanstelling uit te tree. Volgens hom het hy nooit enige betaling vir sy tyd op die direksie ontvang nie.
IN NIEMANDSLAND
Die onenigheid tussen die maatskappy se bestuurders en sy besturende direkteur, me. Berfine Antindi, het sake ook nie makliker gemaak nie, met die twee partye wat voortdurend koppe stamp oor hoe projekte bestuur moet word.
Agribusdev is in ’n onsekere posisie sedert verlede jaar, toe die kabinet besluit het om die instelling te ontbind en beloof het om die bestaande personeel na die landbouministerie oor te skuif. Hierdie proses het egter nog nie begin nie.
Intussen het Shikangalah volgens ingeligte bronne ’n maandelikse retensiefooi van N$8 300 ontvang, terwyl gewone raadslede net N$5 400 ná belastingaftrekkings ontvang het.
Toe hulle Woensdag om kommentaar gekontak is, het Shikangalah en Antindi geweier om te reageer op die bewerings dat hulle vir niksdoen betaling ontvang.
“Is dit so? Praat met die besturende direkteur,” het Shikangalah gesê, terwyl Antindi op haar beurt gesê het Shikangalah en die res van die direksie is in beheer en moet eerder reageer.
“Die direksie is die eienaars van Agribusdev; hulle is nie onder my nie. Ek is onder hulle. Hulle is my base, so jy moet met hulle of met die aanstellingsowerheid praat,” het Antindi gesê.
ONBEWUS
Andowa, ’n gewone raadslid, wou nie kommentaar lewer oor of sy enige raadsvergaderings sedert haar aanstelling bygewoon het nie en het vrae na Shikangalah verwys.
“Ek is nie bewus waarvan jy praat nie. Ek kan ook nie sê of ek betalings ontvang het nie. Ek kan nie bevestig of betalings gemaak is nie. Ek is nie nou in my kantoor nie,” het sy gesê.
Ndjamba het gesê hy kan geen lig op die situasie werp nie, aangesien hy as raadslid bedank het, terwyl die ondervoorsitter, Nyambe, nie bereik kon word nie.
Oproepe wat aan Schlettwein gemaak is, is nie beantwoord nie en hy het ’n boodskap op WhatsApp geïgnoreer.
Teen die einde van verlede jaar het die kabinet opdrag gegee dat Agribusdev as operateur van die regering se groenskemas verwyder moet word. Nog ’n opdrag was dat ’n memorandum van verstandhouding tussen die ministerie van landbou en die agentskap gekanselleer word na aanleiding van ’n voortdurende treurige finansiële vertoning.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie