NLU: Jong boere stig eie komitee
Jong boere, almal jonger as 40 jaar, is deur verskeie streke in Namibië genomineer om 'n jongboereforum onder die Namibië Landbou-unie (NLU) te stig. Dienooreenkomstig het ‘n groep van 13 jong boere op 13 September in Windhoek byeengekom om hul uitdagings en geleenthede in die landbousektor te bespreek. Tydens die geleentheid het die president van die NLU, mnr. Piet Gouws, die boere verwelkom en bedank omdat hulle hulself vir die komitee beskikbaar gestel het. Mnr. Roelie Venter, die NLU se uitvoerende hoof het 'n oorsig gegee van die NLU se vele aktiwiteite en sy wye betrokkenheid.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie