Cook vol lof vir Namibië

Padwedlope
Windhoek se fiksheidsbewustes het met entoesiasme in Cook se waagmoedige uitdaging gedeel.
Tielman Van Lill
Die vriendelike jong Engelsman Russell Cook takel vandag sy 35ste dag op die langpad met Okahandja sy volgende rusplek.

Cook (alias “Hardest Geezer”) het op 22 April die eerste tree van sy kolossale kontinentale uitdaging suid-na-noord uitdaging vanaf Kaap Agulhas in Suid-Afrika na Tunis afgelê.

Vir sy #ProjectAfrica beoog dié avonturier om 15 000 kilometer, 360 marathonne in 240 dae deur 16 lande vanaf Kaap Agulhas na Tunisië se hoofstad, Tunis, te draf.

Indien die Hardest Geezer sy epiese draftog kan voltooi, sal hy die eerste mens wees wat dit vermag het.

Cook sê: “Ek het die reis begin om die eerste persoon ooit te word wat die volle lengte van Afrika hardloop. Vyftienduisend kilometer, 360 marathonne in 240 dae en 16 verskillende lande.

“Buiteperd (underdog)? Ja. Naïef? Definitief. Ek pak ieder geval die storm normaalweg trompop! Jy kan jou lewe daarop wed. Ek kom rooiwarm (met verwysing na sy rooi hare en welige rooi baard).

“Dié is verreweg die grootste en ergste uitdaging wat ek nog ooit aangepak het en dis werklik ’n seën van ’n leeftyd om hierdie geleentheid te kan hê.

“Dankie vir die groot steun in Namibië tot dusver. Namibië! Ek gaan braaf wees en sê dis die vriendelikste land waarin ek nog was! Baie dankie vir Namibië se ongelooflike ondersteuning en gasvryheid. As jy die projek op enige manier wil ondersteun, kyk gerus na die skakel op Facebook (Hardest Geezer).”

Cook het in 2019 in 66 dae stoksielalleen sonder ondersteuning vanaf Asië ongeveer 3 000 km na London gedraf.

“Waar ek nou met ondersteuning hardloop, was dit in 2019 totaal en al anders. Ek het ’n slaapsak, hangmat, tent en rugsak gehad. In die aand het ek ’n boom langs die pad gesoek en daar oornag en die volgende oggend opnuut in die pad geval,” het Cook aan Republikein vertel.

Twee liefdadigheidsorganisasie sal by Cook se #ProjectAfrica baat. Water Aid in Afrika (@wateraid) en The Running Charity (@therunningcharity).

Hy het Woensdagnamiddag laat saam met plaaslike drawwers nog 13 km vanaf die hoofstad na Okahandja afgelê om sy daaglikse kwota kilometers te behaal. Hy het gisteroggend sy epiese tog hervat van die punt waar hy Woensdag met die laaste 13 km opgehou het.

Sodra Cook verby die Etosha-wildtuin is, strek sy roete deur Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Kongo, Kameroen, Nigerië, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus, Guinee, Senegal, Mauritanië, die Wes-Sahara, Marokko en Tunisië.

Sy webtuiste is thehardestgeezeradventures.com en hy gebruik ook dié bynaam op Instagram, YouTube, Twitter en Facebook. Op die kaart kan sy daaglikse vordering by www.strava.com/athletes/22704023 nagespoor word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!