Eagles speel vir WB-oorlewing
Krieket
Net die toptwee spanne sal oorleef om in Junie en Julie in Zimbabwe saam met Skotland, Oman, Nepal en Zimbabwe skouers te skuur.
Krieket Namibië het gister sy groep van 14 Richelieu Eagles aangekondig wat vanaf Sondag tot 5 April ’n swaar gelaaide wa deur die drif moet trek indien hulle in die wedloop vir Wêreldbeker-kwalifisering wil bly.
Die Internasionale Krieketraad se uitspeeltoernooi op pad na die finale kwalifiserende geleentheid vir die uiteindelike Wêreldbeker begin dié naweek in Windhoek – ’n hekkie wat die Eagles sou kon vryspring indien hulle die afgelope vier jaar net ’n enkele ligapunt meer in die Wêreldbeker Liga Twee-reeks kon insamel.
Namibië, Jersey, Kanada, Papoea-Nieu-Guinee, die VSA en die Verenigde Arabiese Emirate speel van Sondag in die hoofstad een wedstryd elk teen mekaar. Die Eagles speel Sondag in die openingswedstryd teen die VSA by Wanderers.
Geen finaal word gespeel nie en net die toptwee spanne op die puntelys ná vyf botsings sal aan die finale kwalifiserende toernooi (Junie-Julie in Zimbabwe) vir die 2023 Eendagwêreldbeker (Oktober-November in Indië) deelneem.
Met die veelsydige naatboulers JJ Smit (knie) en Jan Frylinck (dyspier) steeds beseer en aanvangskolwer Lo-han Louwrens (skoueroperasie) en naatbouler Tangeni Lungameni (beenbesering) nou ook op die krukkelys, sit die Eagles sonder heelwat van hul potensiële slaankrag.
Ná ’n onstuitbare seisoen in klubkrieket is Wanderers se aanvangskolwer Niko Davin dus weer nader geroep en Michau du Preez kry ook weer ’n kans. Du Preez kan, as dit moet, ook suksesvol die handskoene agter die paaltjies dra.
Benewens Davin se meer as 600 lopies in die eendag-premierliga vir Wanderers het hy ook as ’n veldwerker puik op dreef. Met Louwrens buite rekening sal hy straks saam met Michael van Lingen die kolfbeurt vir Namibië open.
Namibië se lopiesukses hang grootliks van dié duo, Gerhard Erasmus, Nicol Loftie-Eaton, Zane Green en Ruben Trumpelmann af. Picky Ya France is onvoorspelbaar, maar hy kan op enige dag die telbord aan die gang hou.
David Wiese het aangedui dat hy Namibië voortaan net in internasionale T20-wedstryde sal verteenwoordig en nie meer vir eendagkrieket beskikbaar is nie. Nadat hy verlede week opnuut tot die Lahire Qalandars se tweede opeenvolgende triomf in die Pakistan Superliga bygedra het en binnekort ook in die Indiese Premierliga begin speel, sou hy soos altyd vir die Eagles goud werd gewees het.
Frylinck se vreeslose aanslag met die bal in die hand sal gewis gemis word. Sy boulvernuf in die laaste boulbeurteis afwesig en dit plaas ekstra druk op die Eagles-kolwers om oorgenoeg lopies aan te teken.
Die Eagles speel in hul agterplaas, maar hulle sal die plaaslike omstandighede op die United- en Wanderers-kolfblaaie maksimaal moet aanwend. Die strategieë waarmee afrigter Pierre de Bruyn en sy manne vorendag kom en of die geluk aan hul kant is, sal krieketkykers vir die volgende twee weke vasgenael hou.
Trumpelmann en Ben Shikongo (naatboulers), Bernard Scholtz en Erasmus (draaiboulers) is van die gerekende lede van die boulaanval wat tesame met die veldwerkpogings die deurbrake moet maak.
Die Eagles-groep is: Gerhard Erasmus (kaptein), Shaun Fouché, Niko Davin, Michael van Lingen, Nicol Loftie-Eaton, Michau du Preez, Zane Green (paaltjiewagter), Picky Ya France, Bernard Scholtz, Ruben Trumpelmann, Ben Shikongo, Joshuan Julius, Mauritius Ngupita, Karl Birkenstock.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie