JULIE SE TOPFOTO'S
Julie was ’n maand met honderde inskrywings wat ons laat lag, laat bewonder en soms sonder woorde gelaat het. Dit was weereens ’n moeilike taak om ons top-10-foto's te kies en daarom het ons vandeesmaand besluit om die beste 12 foto's in die koerant te plaas, met die wenfoto wat soos elke maand op die voorblad verskyn.
Baie dankie vir almal se deelname en ons sien uit om in komende maande nog foto's te ontvang.
Hierdie maand se inskrywings is reeds oop en foto's wat ingestuur is vanaf Woensdag, sal in aanmerking kom vir Augustus se wenner.
Indien jy jou foto wil inskryf kan jy die QR-kode skandeer om na ons Kletsbot te gaan of WhatsApp "Rep" na 085 785 6231. Wag om ’n boodskap terug te ontvang en kies dan “lesersbydraes” op die kieslyn. Kies daarna “lesersfoto”, heg jou foto aan en stuur. Ons wenner word vandeesweek gekies so, hierdie is jou laaste kans om in te skryf!
Ons raai WhatsApp-gebruikers aan om die HD-funksie te gebruik om ’n foto op hierdie platform te stuur om die kwaliteit van die foto te behou. Foto’s kan ook per e-pos na [email protected] gestuur word. Let wel, ons aanvaar slegs een foto per persoon per maand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie