20 jaar gelede
Maandag 25 Februarie 2002
- “Savimbi is dood. Lank lewe die mense van Angola.” So het die Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab in reaksie op die dood van die Unita-rebelle leier, dr. Jonas Savimbi gesê.
- Die ingryping van die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het Vrydag tot ’n skikking tussen die bestuur van die Hotel Safari en die Namibiese Voedsel en Verwante Werkersunie (Nafau) gelei.
- Die eerste kop het gerol in die saga om die omstrede privatepad van die Minister van Werke, Vervoer en Kommunikasie, mnr. Moses Amweelo.
Dinsdag 26 Februarie 2002
- Dit is nou tyd dat iets aan die treurige situasie by oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) gedoen moet word en nie oor ses maande of ’n jaar nie.
- Samesprekings tussen die regerings van Namibië is onderweg om maniere te vind om Unita-bendes in die suid-oostelike dele van Angola en op Namibiese en Zambiese grondgebied te bereik en aan te moedig om hulself oor te gee.
- Die Minister van Arbeid, mnr. Andimba Toivo ya Toivo, het gister sy voet neergesit en skoongemaak onder lede van die Maatskaplike Voorsorgkommisie (SSC) wat by ’n bedrogskandaal geïmpliseer word.
Woensdag 27 Februarie 2002
- Onmiddellike stappe is deur die tussentydse direksie van die SSC gedoen om beheermaatreëls in te stel.
- Strenger nuwe wetgewing wat groter klem plaas op die finansiële ondersteuning van Namibiese kinders deur afwesige ouers is gister in die Parlement ter tafel gelê met ’n ondubbelsinnige vermaning aan die Namibiese gemeenskap oor die heersende situasie waarin kinders hulle bevind.
- ’n Swakker reënseisoen tot dusvêr vanjaar het tot gevolg dat die belangrikste damme in die land leër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Donderdag 28 Februarie 2002
- ’n Aankondiging oor grondbelasting vanoggend hou die sleutel tot sneller grondhervorming in Namibië.
- Die instelling van ’n heffing op sake-ondernemings en private belastingbetalers en selfs salarisbesnoeiings vir Parlementslede is gister in die Nasionale Vergadering (NV) as moontlikhede genoem om geld in die staatskoffers te kry om staatspensioene vir bejaardes te verhoog.
- Die amptelike opposisie, die DTA/UDF-koalisie, het Dinsdag vir die tweede keer die afgelope twee jaar ’n poging aangewend om die Regering te oortuig om maatskaplike pensioene te verhoog.
Vrydag 1 Maart 2002
- Die tweede verdagte in die moordsaak van mnr. Joahcim Gero Schaum (60) is gister in Vredehoek in Kaapstad deur knap samewerking tussen die Suid-Afrikaanse- en Namibiese polisie vasgetrek.
- ’n Dringende versoek deur die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo, aan die Suid-Afrikaanse regering vir toestemming om Namibiese sardynbote in Suid-Afrikaanse waters toe te laat, het vandeesweek groot ontevredenheid onder vissermanne hier tot gevolg gehad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie