No Image Caption

Aftrede nie gelyk aan ‘slegtigheid’

G.M. DU TOIT SKRYF:

Die berig “Nuusman Daan Steinmann as predikant georden” in Republikein van 8 September 2022 verwys.

Ds. Steinman word as volg in die artikel aangehaal: “Ek is steeds ’n kritieke denker, maar ek laat nie meer toe dat dit tussen my en God kom nie. Om ’n dienaar van die kerk en vir Christus te wees, is belangriker. Ek hou nou ’n wag voor my mond,” is wyse woorde, maar verg inspanning, geloof en gebed om vol te hou.

Wat het egter van die wag voor die mond geword toe die woorde gespreek is: “... ek wil nie ’n rolmodel vir jongmense wees nie, maar vir oumense, sodat hulle nie by die huis gaan sit en vrek van slegtigheid na aftrede nie”.

Die neerhalende stelling en die swak beskrywing word nie van enige persoon, koerantman, rolmodel of leraar, verwag nie. Die neerhalende stelling behoort teruggetrek te word, en ’n verskoning behoort aangeteken te word aan persone wat na jare se opofferings en bydrae tot die ontwikkeling van ons land en sy mense besluit het om af te tree.

Baie mense kan nie aftree weens finansiële redes nie. Ander voel hulle is nog sterk van gees/liggaamlik om verder te werk, ander het mediese redes en ander wil met hulle laaste jare die lewe geniet saam met hul familie.

Alle persone wat aftree, het nie die geleentheid om terug te keer na die spore van ’n vorige onstuimige beroep nie, en om twee werke te kan bekom nie. Meeste het geen keuse nie en gaan swaar onder die druk van die stygende lewenskostes gebuk. Hulle sit nie en vrek van slegtigheid nie.

Wonderwerke is moontlik, daarom alle eer aan ons Liewe Vader vir die wonderwerk van genesing wat beskryf is in die berig.

Alle seën en voorspoed aan die leraar in die beroep en mag die Liewe Vader hom die krag, wysheid en woorde in die mond lê om ’n verantwoordelike herder vir sy gemeente te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!