Bybelse wysheid
Dr. ANNES NELBaie mense verlang om Jesus aan te raak, om genees te word van die seer wat hulle lewens oorgeneem het. Ons bely dat slegs Jesus dit kan doen.
Tom Wright skryf dat Jesus nie gekom het om ’n eenman bevrydingsbeweging in ’n revolusionêre sin te wees nie. Hy is ook nie ’n eenman mediese sentrum nie. Hy het inderdaad ’n revolusie begin en God se helende krag gebring. Sy doel was egter heelwat meer. Hierdie gebeure was net tekens van die ware revolusie wat Jesus deur sy dood en opstanding sou bewerk.
Padtekens is belangrik, maar ons moenie dink dat dit die bestemming is nie.
Uiteindelik moet ons nie dink dat ons Jesus volg as ons luister en medelye betoon soos Hy nie. Alles wat in Markus 5 gebeur, is verbind met geloof in Hom. Jesus daag hierdie vrou, Jaïrus, die nuusdraers, sy dissipels en elke leser uit. Die uitdaging is dit: is Jesus, die Heer oor sonde, siekte, dood en alle magte die objek van ons geloof? En as ons eerlik luister, eerlik die menswaardigheid van elke mens ernstig neem, soos Jesus, is die uiteindelike doel om elkeen te help om te bely: Hy is die Seun van God.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie