Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL2 Timoteus 3:14-15: “Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif.”
Hoeveel preke het jy al in jou lewe gehoor? Hoeveel Christelike troues, begrafnisse, doop of konferensies het jy al bygewoon? Wat is die impak daarvan in ons lewens? Baie! Alhoewel alle preke en boodskappe nie ewe inspirerend en lewensveranderend is nie, is een of ander aspek van die evangelie met ons gedeel.
Die beroemde monnik, Thomas à Kempis, het gesê dat vier dinge nodig is vir vrede en ware vryheid. Een: Doen ’n ander se wil, nie jou eie nie. Twee: Kies altyd om eerder minder as meer te hê. Drie: Soek die laer posisies in die lewe en maak die idee dood om erkenning te ontvang en belangrik te wees. Vier: Laat toe dat die wil van God ten volle in jou beliggaam word.
In Paulus se twee briewe aan die jong man, Timoteus, word al hierdie aspekte genoem. Ons heroorweeg die rigting en prioriteite in ons lewens, ons titels en sosiale status, die manier waarop ons ons besittings hanteer en wat werklik rigting in ons lewens gee.
Hoekom? Want ons lewens is onder nuwe bestuur. Ons volg die eeueoue boodskap wat deur die Heilige Gees geïnspireer is (2 Tim 3:16). Ons geloof is gebaseer op sy woord. Ons hoef nie na ander bronne van inspirasie of rigting te soek nie, want die “Heilige Skrif. . . kan jou wys maak tot redding deur geloof in Christus Jesus” (3:15).
Here, laat my naby u Woord lewe, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie