BYBELSE WYSHEID
DR. Annes Nel
Jesaja 46:4: Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
Ons wêreld is vol angs. Ons selfgemaakte sekuriteite hou nie. Dit bring nie die vrede wat ons verwag het nie.
Die vrede en sekuriteit wat die Here gee, oortref al ons mensgemaakte pogings. Jesaja 46 is vol goddelike humor. Die mense het God vir ander gode verruil, maar hierdie gode het vir hulle ’n swaar las geword. Hierdie gode is leweloos en antwoord nie wanneer mense na hulle roep nie (46:6-7).
God is heeltemal anders. Hy hoef nie gedra of onderhou te word nie. Hy het hulle gedra van hulle geboorte tot hul oudag (46:3-4). Hy red hulle in nood. Hy is die lewende God met wie niemand vergelyk kan word nie (46:5). Omdat God ons gemaak het, gee Hy nie moed op met ons nie. Hy bly by ons betrokke. Geen ander god kan dit doen nie en niks kan dit keer nie (46:12-13).
As Christene weet ons dat die bande van God se liefde sterker is as dood en lyding (Romeine 8:35-39).
Het jy hierdie wonderlike God verruil vir dooie afgode soos geld, goed en ambisie? Los die valse onsekerheid en vertrou Hom wat ons in lewe en dood liefhet.
Vader, U het my gemaak en is by my. Dra my vandag, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie