Ek sê maar net
’n Dag vir dom drome
Van hierdie Valentynsdag-besigheid weet ek nou nog nie veel nie. Ek dink ek is meer deurmekaar as iets anders.
Sake staan so. Iewers het ek gelees dat vroue in ’n skrikkeljaar mans mag vra om te trou.
En nou het ek iewers deurmekaar geraak, want ek het aangeneem ’n mens mag net vanaand uitgaan as ’n bok jou uitgevra het en jy mag vandag nie rose stuur nie, sy moet vir jou stuur.
My fout het ek eers gisteraand laat uitgevind en nou is dit te laat. Ek het vir geen bok ’n roos gestuur nie en ook nie een gevra om vanaand die tydjie romanties saam met my deur te bring nie. Die regte storie, hoor ek gisteraand, is dat die vroue op 29 Februarie mans mag vra om te trou.
En hier sneuwel die eerste deel van my nuwejaarsvoorneme ook. Ek was vas van plan om vanjaar ’n bok in hierdie dorpie se drome waar te laat word deur haar kansel toe te sleep.
Hierdie Valentynsdag het ek as die mees geskikte tyd vir die begin van die uitvoering van my plan gesien. Ek hoop nou net nie Muis en Div het dieselfde fout as ek gemaak nie, want hulle het dieselfde voorneme as ek gehad.
Dit sal nou seker nie veel help om op die ashoop te gaan sit en huil nie. Die beste sal nou van ’n slegte saak gemaak moet word en ek sal maar die Klip-en-Coke nadertrek vanaand en op my eie sit en dênk. En nie waaroor nie.
Oor al daardie manne wie se Valentynsaand vanaand ’n reuse-sukses sal wees en dan oor so ’n jaar voor die kansel sal staan met ’n vrou wat soos handomkeer verander.
Van daardie lieftallige dingetjie wat elke aand saam met jou klub toe gegaan het tot die een wat die klub haat, jou vriende wat nou skielik drinkerbroers genoem word, nie meer saam met jou wil gaan rugby kyk nie, nie meer op Jakkalsputz in ’n tent wil uitkamp nie, nie meer hamburgers eet nie, maar kaviaar en dink jou Jetta moet vir ’n Ferrari plek maak.
Ek sê nou nie dat ’n mens in sonde moet lewe nie, maar ek kan seker dink wat ek wil. Maar iewers moes iemand anders ook daaraan gedink het, aangesien ek lees dat jong mense oorsee nie juis meer voor die kansel gaan staan in die toue soos hul ouers nie.
Ook geen wonder nie sê iemand daar uit Suid-Afrika, waar een uit elke vier huwelike sommer gou-gou op die rotse beland. Hoekom al die moeite doen, vra hulle.
Ek hoop nou nie ek het daardie bokke wat met skitterogies uitsien na alles wat vandag vir hulle inhou, se dag onderstebo gekeer nie.
Ek moet vir oulaas byvoeg dat ek nogal spyt is oor hierdie fout wat ek gemaak het, want daar is ’n hele paar bokke wat dan ’n roos sou gekry het en daar is dáárdie een wat ek darem bitter graag by Wanderers op die dansbaan wou gaan vasdruk. (Let wel, vasdruk, want ek kan nou nie juis dans nie. Maar die mens sê mos dit is nie altyd die gebaar wat tel nie, maar die gedagte.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie