Kommunale of hervestigingsgrond?
ANONIEM SKRYF:
Die kamma onsekerheid oor die status van die Tjakagronde hier verwys: Destyds toe Leutwein en sy patrollie op Aminuis aankom, het hy glo vir die mense vertel Aminuis is nie geskik vir droëland-bouery nie, Epukiro wel, met sy waters in oorvloed. Toe trek een afdeling van die mense soontoe, waar hulle tot vandag daardie landbougrond besit.
Klomp jare later het ook die nasionaliste op Aminuis opgedaag en aangekondig, “Aminuis word wildtuin, net soos Etosha”.
Toe is daar weer ’n getrekkery, en wel na die Korridor. Ongelukkig het die Korridor half drooggeraak en die mense moes noodgedwonge na Tjaka toe beweeg.
Nou gaan hulle blykbaar nie meer verder uittrek nie, want ons eie-eie amptenare by die ministerie wil hulle hervestig. Nie op nuwe grond nie, maar op dieselfde grond waarop hulle meer as 30 jaar tevore daar hervestig was.
So, as niemand hierdie amptenare keer nie, sodat hulle met ’n beter pakket vorendag kan kom nie, dan is dit vir Tjaka, ’n onvermydelike ekonomiese versmoring die voorland. “Ou Storie”.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie