Meer as net ’n langarmdans
DIONé ADANI IZAKS SKRYF:
Dis ’n nuwe week en die letsels en toestand van my voete tans is alles te danke aan Saterdagaand se langarmdans; ’n fondsinsamelingsinitiatief van ’n plaaslike rugbyklub. Dis nogal verbasend hoe ’n onbeplande aand – ’n aand sonder enige vooruitsigte – ’n gevoel van nostalgie en verlange kan ontbloot wat aansienlik diep binne my gewortel was.
Die one-man band en DJ het seker gemaak ons raak nie langer as vyf minute té gemaklik in ons stoele nie, en so het ons Saterdagaand sweef-sweef van die een hoek na die ander oor die dansvloer van die kenmerkende gemeenskapsaal van Khomasdal gegly.
Dieselfde saal waarin ek vyf-en-dertig jaar gelede as sub B-leerling van die Primêre Skool M.H Greef my eerste debutantebal bygewoon het; onder streng lyding van my oorlede klasonderwyseres. Destyds, moes ek en my klasmaats die spesifieke danspassies vinnig onder die knie kry met die hulp van geplakte aanwysings op die dansbaan wat as bakens gedien het.
Die aand is in volle swang en so herken ek gesigte van mense voor wie ek grootgeword het in Khomasdal. Ek raak bewoë toe ek juis een van die mede-onderwysers van M.H Greef gewaar. Ek gaan groet haar en net toe ek na my sitplek wou loop, herken ek ’n verpleegster, alombekend as Sus as gevolg van haar destydse amp as verpleegster.
Ons oë ontmoet en sy strek haar arms uit na my. Ek omhels haar en ’n gevoel van geborgenheid ontstaan tussen ons. Ons gesels en sy trek haar man nader om tog net aan hom te verduidelik wie se kind ek is.
Nou mik ek inderdaad vir my sitplek, maar op pad soontoe ontmoet ek die dogter van ’n ou pel van my pa. Beide van ons is verslae om mekaar by die geleentheid raak te loop en nog voordat ek ’n woord kon uiter, spreek sy my aan, meer as twintig jaar gelede.
Die klank van my naam op haar tong is die oorsaak van die onwillekeurige trane wat vanuit my hart ontstaan en meteens die besef van die impak van die gemeenskap in ’n mens se lewe en die rol wat dit vervul. Sy kyk vir my en skielik vervoer my gedagtes my na my kinderjare; Saterdaenamiddae teen die rugbyveld, ofte wel sportgronde in Khomasdal.
My emosies is onkeerbaar. Die trane rol. Trane van blydskap en dankbaarheid teenoor elke individu wat jare bygedra het tot dienslewering in hul gemeenskap, mits ’n braai, ’n kerkbasaar, die ontstaan van ’n buurtwag of ’n langarmdans.
Ek bereik uiteindelik my sitplek en neem plek in by my tafel – omring deur familie en vriende. Die aand is aangenaam. Dis immers lente. In ’n oogwink is alles verby, maar net voordat ons die saal verlaat, kom groet een van die groot geeste van die rugbyklub ons en spreek sy dank teenoor ons uit vir die ondersteuning.
My hart word warmer en onmiddellik die besef dat my generasie se tyd aangebreek het om nou die leisels oor te neem by diegene wat nog die heeltyd vir ons ’n voorbeeld was; vir die ontwikkeling en voortbestaan van gesonde gemeenskappe.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie