gene travis (002)
gene travis (002)

Sê maar net 30 jaar gelede

Mandy Rittmann
Voedsel wat spoed demp

Gene Travers

Des het altyd gesê verslaggewers kan hom nie bôl met die storie dat hulle net ‘gou-gou’ iewers heen gaan nie, want hy weet hulle gaan lank wegbly.

Ou redakteurs weet dan ook as ’n verslaggewer kom sê dat hy net ‘gou’ iewers heen gaan, hy lank gaan weg wees. Maar dan gebeur dit ook soms dat die verslaggewer wat net gou iewers heen sou gaan en lank wegbly, ’n verduideliking kan gee. Ek stap verlede week net ‘gou’ hier na ’n wegneemeteplekkie in die Poststraat-arkade om ’n ‘roast beef’-brötchen en melk te gaan koop.

Ek wag toe sowat vyftien minute lank op my bestelling, ontvang my pakkie, betaal en stap terug kantoor toe.

Toe ek die pakkie oopmaak, was daar net melk in. Geen brötchen nie! Stap toe weer terug na die plekkie en vra vir my brötchen. Ná nog ’n gewag, word my brötchen opgespoor en met die nuwe pakkie is ek terug kantoor toe.

Toe ek dié pakkie oopmaak, vind ek dat dit nie ’n ‘roast beef’-brötchen is nie, maar ’n soort gerookte vleisbrötchen. Met ’n bloeddrukkie wat toe al so ’n paar kerwe gestyg het, stap ek weer na die plekkie en oorhandig die brötchen met die woorde dat hulle nou maar die kos en die geld kan hou, maar dat dit ook die laaste keer is dat hulle my daar sal sien.

Steeds honger stap ek toe na ’n restaurant/wegneemplekkie in die winkelsentrum hier naby en bestel daar ’n ‘roast beef’-brötchen. Ek verduidelik toe ook baie duidelik dat dit ’n ‘roast beef’-brötchen moet wees. Ná nog vyftien minute se wag, is ek daar weg met die pakkie. By my kantoor aangekom, word die pakkie vol verwagting oopgemaak. En daar staar ek na sekerlik die kleinste brötchen wat nog in die bakgeskiedenis van Namibië gebak is!

Die drie kerfies vleis op die brötchen was toe wel ‘roast beef’, maar die groen kleurtjie van die vleis het my laat dink dat dit ook al lank tevore geskiedenis gemaak het.

Dié brötchen het in my snippermandjie beland en ek het maar honger gebly tot etenstyd en vir my iets by die huis gaan gaarmaak.

Ek was dus rêrig net ‘gou-gou’ weg om ’n brötchen te gaan koop en het toe ‘laaank’ weggebly. Maar een ding is seker, dié twee plekke sal my ook vir ’n baie, baie lang tyd nie weer sien nie. Nooit is eintlik ’n beter woord.

Die eet- en wegneemplekke in die middestad wat ek ondersteun, raak al hoe minder.

Maar aan die ander kant raak my bloeddruk ook baie laer. Redakteurs moet dus ook maar in gedagte hou dat as ’n verslaggewer kom sê dat hy net ‘gou-gou’ iewers heen gaan, hy dalk ’n rede kan hê waarom hy so lank wegbly. - 19 Januarie 1994

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!