No Image Caption

SMS’e vir 16 Junie 2022

Tyd dat poachers swaar gestraf word.

Anoniem skryf: Samaritaan, Republikein 14 Junie - Simon Raines, wat ’n mooi beskrywing/getuigskrif van hom. Dankie dat jy en jou kollegas vir Peter gehelp het. Weet dit moes vir jou swaar wees na julle eie ervaring met die busongeluk destyds, maar jy is altyd daar om te help. As arbeidskonsultant gee jy raad sonder om daaraan te dink om ’n rekening te stuur. Dankie vir jou menslikheid.

Baie dankie Okahandja munisipaliteit vir die bietjie herstelwerk wat julle aan die dorp se paaie doen, maar rêrig, kan iets nie gedoen word aan die spooroorgang in Kusweg vanaf Indongo Toyota na die robot naby die ou Piet's Biltong (die nuwe Beefcor outlet) nie? Dis ’n riller om daaroor te ry, selfs met bakkies. Groete. - Peet Harmse

Ek sal dit waardeer as die media asseblief kan ondersoek wat die werklike probleem is vir die kragonderbrekings wat ons in Osona Village het. Dit is hierdie jaar al die 3de jaar wat dit elke winter dieselfde probleem is. Nou vir Juniemaand was dit vanaf Sondag 5 Junie, verlede week Dinsdag 7 Junie die aand voor agtuur het dit afgegaan en eers weer Woensdag 8ste Junie by 11h00 aangekom, en gister 14 Junie tot nou 15 Junie, 12h00 nog steeds af. Mense, dink mooi as jul daar wil koop. Mense het al skade gelei met elektriese toestelle as gevolg van hierdie probleem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!