SMS’e vir 22 Maart 2023
Ek vra, het julle al my extrale [sic] ontvang. Hulle antwoord, daar is ’n program, hy hoef nie meer vir extrale te wag nie. Ek vra, het dokter al gekyk na my extrale. Hulle antwoord, nee nog nie, maar ons sal hom vra en dan laat weet. Ek vra, gaan dit nog in hierdie lewe wees, hulle vra is daar nog ’n lewe. Ek antwoord, ja daai lewe waar jy nie ’n dokter nodig het om hierdie lewe te verlaat nie. Hulle sê, oooo. Ek druk die foon dood.
Kan iemand my help in die land. Sekere juffrou by Otjiwarongo Hoërskool maak reëls, as jy nie 80% kry vir ’n onvoorbereide toets nie, word jy gestraf of detensie of moet jy politoer bring. Is dit toelaatbaar? Sy was afwesig van skool vir twee weke, omdat skoolraad en ouers haar aangevat het, nou word leerlinge verplig om ekstra klasse te neem, of hul word by skoolhoof gerapporteer. Die seuns se toilette is haglik. Seuns moet eerder onder boom gaan verlig. Help, help!
Ek verstaan nie hoekom baie mense gemaklik voel waar dit vuil en slordig is nie. Karasburg is regtig ’n verleentheid. Kan daar nie iets aan gedoen word nie. ’n Mens moet mos trots wees oor hoe dit in en om jou werkplek lyk, of maak dit nie vir jou saak nie? Dit kos mos niks om skoon en netjies te wees nie.
As dit reën in Suidwes, die Sonbesies skril, die middagson bewe oor Suidwes, die Kalahari is bleek in die middagson, die karakoeltroppe bewe oor suidevlaktes, bosveldbome se skaduwees brand jou vel, sonsondergang rooi soos die bloed van die Namib, sterrenag so naby dat jy die aandstêr wil pluk, met die jakkals wat vêrweg roep, verlig bliksemstraal die dooie aarde, dan met fanfare en finesse stort die Skepper se diamantdruppels op hygend aarde neer. Nog, nog en nog totdat rivier, waterval en paddakoor God loof en prys vir Sy liefde en genade vir hierdie woesteland, wat Hy met grootse detail en presisie veredel het. Hierdie land van melk en heuning, Suidwes my land waar God my geplant het. – Ilsilenzio
Meatco. Hou op om ander die skuld te gee vir julle onbevoegdheid om die plek te bestuur. Erken julle kan nie die job doen nie. Gee die joppie vir hulle wat dit kan doen, wat dit van die begin af met sukses gedoen het tot julle oorgevat het en ’n f@£k@p daarvan gemaak het.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie