SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 3 Oktober 2023

Mandy Rittmann
Mense om getel te word 1, 2, 3 is geen probleem nie, maar om persoonlike vrae aan mense te vra is ’n ander saak. Dis hoekom die inwoners woedend raak. Waarom vir ’n 80-jarige vrou vra of sy voorbehoedmiddels gebruik, regtig dis mos stuitigheid. Diegene wat in 33 jaar nog nie die land se armoede kon raaksien nie, sal dit tot in lengte van dae nie raaksien nie. Daar word soveel keer melding gemaak van armoede in ons land en verbeter dit? Nee!

Wanneer besef die LPO/NLU en die polisie dat geen verpligte naspeurbaarheid van kapanavleis die hoofoorsaak is vir die wild- en veediefstal en ook die geen gesondheidsinspeksies van kapanavleis onverantwoordelik is?

By wie kan iemand kla oor Agribank wat langer as een jaar neem om ’n eenvoudige leningsaansoek te verwerk?

Pasop! Verskriklik baie chloor in suid-Suiderhof (sic) se water. Dit kan baie gevaarlik wees!

Die mense van Rehoboth wat so kla, hoekom sê julle nie die ding soos hy is nie. Een man kry elke liewe konstruksietender. Paaie, riool en die nuutste is fencing. Plus minus 20 miljoen vir die afgelope twee jaar. Een man alleen. Die man het hom laat board en werk nou by daardie man. Natuurlik sal hy alle werk kry. Mevrou die burgemeester en jou party, julle het ons lelik gedrop. Die tegniese afdeling en daardie vrou van procurement wat so arrogant is. Ons weet van julle. Een van die dae gaan die poppe dans. Wees gewaarsku!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!