No Image Caption

SMS’e vir 4 Julie 2022

Ek wens net daar kan beamptes op grensposte geplaas word wat wil werk en wat verstaan wat die toerisme vir ons land beteken. Beamptes by Noordoewer-grenspos is altyd vriendelik en lus om ’mense te help. Kan nie dieselfde sê van Ariamsvlei nie. Daar is ’n tipe moedswilligheid by sommige beamptes wat jou paspoort moet stempel. Daar is klagtes dat toeriste ignoreer word.

Wat gaan met Stampriet se poskantoor aan? Ek het al menig maal deur die week in werksure daar gekom en dan is dit toe. So het die dame wat daar werk aangeloop gekom en dan sê sy sy was winkel toe. Menig maal! Onaanvaarbaar. Sit daar iemand wat wil werk assebblief. Baie mense kom van plase af en dan is dit toe. Sy was al ge-rapporteer.

Die gouetand vent in privaatklere in ’n spietkopkar wat vandag in Tsumeb op die indraai na die Mall gestop het, om met sy straatgabba te gesels, moet asseblief onthou: Jy is daar om die publiek wat jou betaal te dien, nie om hul verkeer te belemmer nie. Jy is onbedagsaam en jou bestuurslisensie behoort ingetrek te word.

Ons het aansoek gedoen by Hentiesbaai Frail Care en wag nog steeds vir antwoord. Ons is jong dames en kan die werk doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!