No Image Caption

Trappe van vergelyking

ANONIEM SKRYF:

1652

Drie seuntjies kom aangedraf

van hulle speelgrond af

en in toonbeeld van respek

ken elkeen sy plek

nougeset

volgens die wet

Klein-baas Klein-Jan van Baas Jan

heel voor-aan

en dan Jakop Ontong

die voorman se klong

en heel agter Filemon Mpoii

die dagha boy se boy

Klein-baas Klein-Jan stap die kook-huis in

self-versekerd, doelgerig

om brood in ontvangs te neem

brood gesmeer met vet en jem

brood verdien in sweet van aangesig

en smart

van wit en bruin en swart

van brein en hand en voet

van durf en daad en moed

van baas sowel as klaas

se swoeg en steun

van al ses hul pa’s en ma’s

maar Kleinbaas Klein-Jan is baas Jan se seun

en hy stap

tot op die eerste trap

die woning in

dit is die wet

en hy volg dit

nougeset

Jakop Ontong

kom kort na hom

aangestap

maar haak vas by die middel trap

hy kry ook brood

maar net met vet

dit is die wet

en hy volg dit

nougeset

Filemon kom oulaas

en maak dit net tot by die derde klas

êrens tussen boom en bas

sy brood

soos dit tans hoort

is sonder jem en vet

ook hy volg die orde nougeset

dit is die wet

Die wet maak onderskeid

tussen wit en bruin en swart

Apartheid

vir sommige tot eer en vryheid

en andere tot gebondenheid

en smart

2022

Die jare het verby gegaan

drie honderd en sestig altesaam

tot hier waar ons nou staan

en die wet is agter ons, nagelaat

verwyder uit die boek

maar vir die kinders hier

word die misdaad steeds besoek

aan die geslag

vér meerder as net drie tot vier

van die wat haat

Die van ons eens op die eerste trap

wat van mening is

dat hul eertydse heerskappy

hul God-gegewe erfnis is

en vir altyd moet behoue bly

tot die tweede en die derde trap

se nageslag

voorheen benadeeldes

en agterblywendes

sommige wie onder valse waan

glo dat hulle steeds onwaardig is

en so met hoed in hand bly staan

want die onreg is

nooit rerig uitgewis

Die wet se sweep

het vir soveel jare lank

hard geklap

en soveel van ons vas laat glo

dat swart onder is

en wit is bo

Vir sommiges het die wonde heel geraak

maar by ander bly

die letsel, by

onaangeraak

en êrens vasgehaak

tussen die leegheid van derde trap

se inhoud van die lewens-aar

tot die volheid van die eerste trap

se onbevryding

rasse-haat en mense-lyding

bly ons na alles bymekaar

geestelik armoedig

en onbewus

dat ons algar

witterig of swarterig

maar

uiteindelik dieselfde is

God sien nie kleur

maar as dit dan moet

óf wit soos was

óf swart soos roet

in Sy oë is ons almal eersteklas

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!