Vat hande met publiek
MEISIE DU PLESSIS SKRYF:
Ek wil graag my hart bietjie ligter maak ten opsigte van die baba-bobbejaantjie en die swygende ministerie. Ja, ek sou ook maar liewer stilbly en sommer ook buite bereik vir so blaps. Hulle optrede was absurd, ongevoelig, swak en arrogant. Dieremishandeling om ’n lewetjie te red, en die onkapabele diertjie te voed en versorg voor oorplasing na ’n sentrum van rehabilitasie en uitplasing. Persoonlik het ek ’n afkeur daaraan om babadiertjies weg te vat van sy ma, en te probeer mak maak. Dis onregverdig teenoor die ma, en die babadiertjie. Daarom, as dit sou gebeur dat ’n ongelukkige voorval sou plaasvind, is daar reëls. Reël nommer een, wanneer jy aan enige dier, mak of wild, probeer hulp verleen, sorg dat jy ten alle tye jouself beskerm teen beserings, of besmetting van enige moontlike siektes wat jy dalk kan oordra en versprei. Hoe het die dame dit gedoen? ’n Doek aangesit, wat haar beskerm het teen faeces en urine wat moontlik met enige moontlike siektes besmet kon wees. Punt. As dit dieremishandeling was, is die aarde vierkantig. Sy het geen wet oortree nie. Sy het alles gedoen soos dit van haar verwag word. Dit wil vir my voorkom asof daar wel dieremishandeling gepleeg is, nadat die dier van haar konfiskeer is. Die Grootfontein-omgewing het die laaste weke ongelooflike hitte tussen 36 °C en 42 °C in versengende droogte beleef. ’n Baie klein baba, in ’n flenter kartonboks, sonder melk, in die verskriklike hitte, waarheen? Teruggeplaas in die natuur, baba sonder sorg? Mens kan net wonder. Ministerie, julle slaan julle naam met ’n plank. Selfs julle menseverhoudings met die publiek, dis goor. Dis verseker nie reg om pogings van die publiek om te help, te veroordeel asof julle alleen besluit oor wat die natuur of die weë van die Skepping is, of nie is nie. Vat hande met die publiek, en wees meer menslik en tegemoetkomend, en julle sal baie meer bereik as om mense wat ’n helpende hand uitreik, te beledig en te beskuldig. Veral ook oor probleemdiere. My opinie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie