WhatsApp 7 Maart 2022
So bitter jammer vir die mense van Oekraïne. Duisende Namibiërs ondersteun en bid vir julle verlies. Ons vra om verskoning vir die ruggraatlose regering van ons land. Baie sterkte vir hierdie donker tyd in julle lewe. Pres. Zelenski is 'n ware leier. Die res van die wêreld moet by hom gaan leer oor ware leierskap. Wat 'n verleentheid dat niemand die guts het om op te staan teen die gekke diktator van Rusland nie!
Oekraïne: Aan die oosgrens byt die groot brak sy kleintjies dood en langs die westelike grensdraad hardloop 'n tandlose bulhond braaf op en af en blaf en blaf. - Hoofstroom
Oranjerivier en druiwe: Gaan kyk eers voor da' geklaar word. Daar staan ordentlike huise vir werkers, wat of kan koop of huur. Maar hulle wil dit verniet kry en dis hoekom hulle riet shacks bou. Governor Frederiks, gaan kyk asb. en terwyl jy daar is, kyk ook na die Government se druiweplaas. Jy sal sommers van ver af kan sien watter een dit is.
Blikbrein, ons het baie vrae om te vra vir God oor Sy wil soos in menslike terme verstaan, maar daar wag ook vir ons baie vrae wat God aan ons gaan stel ooreenkomstig sy Woord. "Hhet jy goed geluister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat Hy jou beveel het?” (Deut. 28:1) Bo en behalwe die 10 Gebooie is daar ook ‘n voedselwet wat ons so maklik systap met verkeerde aanhalings uit die Bybel, nl Lev. 11. Hierdie wet bewaar ons van baie siektes. Geen gedeelte in die Bybel vrywaar ons van hierdie wet nie. Vandag oortree ons hierdie wet totaal en al en dan het ons nog vrae om vir God te vra. Ons mensdom het Hom nog nie hierin getoets nie. (Deut. 28:1-14) - Meesterbrein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie