WhatsApp vir 22 November 2022
Vanoggend is ek weer wakker gemaak vir ons mooie taal! In die spotprent word die woord ongerymdhede (korrek gespel) gebruik. Op bladsy 2 word die woord sluipmoord (verkeerdelik as slypmoord gespel) gebruik. Ons moet wakker bly en tog maar oplet na hoe ons woorde spel. Ons raak lui en skryf soos ons wil. Of raak ons ly en skruif soos ons wil! Ai, die y en die ui wat ons so rondgooi.
Nuusblad van 18 November, hierdie opskrif “Besoedeling in akwifer sal ‘rampspoed vir land’ wees”: Kan hulle asseblief ophou om ons land in die afgrond af te stoot. Verstaan hulle nie waarmee hul besig is nie! Stop net!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie