WhatsApps for 5 Desember 2022
Thank you, very much honourable minister, of urban and rural development by bringing solution to the CEO debacle of City of Windhoek. Why are you not doing the same for Hardap Region? The position of CRO has been vacant for approximately a decade now. What is the hiccup here? Does the whole of Namibia not have a capable person to lead this region? We don’t need someone’s choice or somebody who can work together with the politicians as only their lives change or improve, but someone who can put the interest of the whole inhabitants of this region at heart. We count on your honourable minister!
Aangesien als van die verlede nou beter ingeslaan het, deur dit te probeer uitvee, stel ek voor ons werk nou aan ’n toekoms vir ons kinders. Maak monument van renoster, ietermagog, olifant ens., want hulle is al amper uitgewis. ’n Mooi groot kiaatboom, want dié is ook amper nie meer daar nie. ’n Paar visse by die kusdorpie kan ook werk. Maak dit van marmer voor dit ook als oorsee verkwansel is. Ietsie vir die nageslag. Dit kan seker ook een dag dan vervang word, omdat al die nuwe beelde van vandag vir die nageslag se selfbeeld ook afgebreek moet word. Bly die koedoe oorleef darem nog. Is daar ooit nog springbokkies by die Zoo-tuine of is als daar ook al tot niet?
Ek wil tog net hoor, die governor van Bank of Namibia, hy kan dan goed Afrikaans praat, hoekom is al sy toesprake in Engels in ’n Afrikaanse koerant?
Ek is so geskok vandag toe ek by ’n vulstasie in die suidelike gedeelte petrol gaan ingooi het. Ek dink die petroljoggies is ook van die mense wat die minste betaal word, maar dan moet ek hoor as ’n kliënt klaar brandstof getap het, en in die winkel gaan, en nie sy voertuig wegtrek nie, dan word die joggie met N$150 beboet, wat van sy salaris afgetrek word! Ek dink dit is rêrig baie gemeen. Is daar dalk iemand wat die joggies kan help met regsadvies!
’n Dubbelbed, voertuigbande, leë dromme en sakke meel. Ek wonder maar net wat is daai totale gewig op die sleepwa met ’n enkel-as. Hoekom word die sleepwaens nie na ’n weegbrug toe geneem om die vrag se gewig vas te stel nie. Vra maar net. Mogamat Salie Saban op pad na Oshivelo.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie