WhatsApps vir 20 Februarie 2023
Staatshospitale wat uitmekaar val. Die vraag moet wees, wat gaan daaraan gedoen word?
Jammer om te sê, maar ons het so pas te doen gekry met ’n regte Windhoek-padvark! Ons ry in Sam Nujoma van stad na Klein Windhoek @ 60km per uur in die regterbaan waar daar vele paaie na regs uitdraai! Kom daar een BMW aan en lê op sy toeter, dat ons moet na links padgee, want hy wil verby waar ons wil regs draai. Ons kon nie regs draai nie, want dan het hy bo-oor ons gery! Hou toe maar aan en hop stadig oor die drie hobbels in die pad net na die skerp draai na links. Daar jaag BMW ons verby op die soliede wit lyn en beduie dat ons in die linkerbaan moet ry – al wil ons, binne ons reg, regs draai! Wat het geword van 60 km per uur in die dorpsgebied! Dis tyd vir spoedlokvalle, veral in Sam Nujoma-rylaan! Veral daar teen die bult af voor die uitdraai na regs en die skerp draai na links! Ek sê maar net.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie