Almal staan sáám vir ma met kanker
Danksy talle mense wat hul harte oopgemaak het vir 'n Namibiese ma wat reeds vier jaar lank teen 'n seldsame kanker veg, sal sy nou die beste hulp in Duitsland kan ontvang.
“Ek het moed vir die proses en ek sien dat alles nou in plek val. So baie mense bid vir my en ek weet dat die Here ook by my staan en my in Sy hand sal hou.”
So gesels Namibië se Wanda Kirchner-Jacobi, ’n 35-jarige ma wat nou in Duitsland is om gespesialiseerde behandeling teen ’n seldsame kanker te ontvang.
Wanda se familie en vriende het intussen vir haar ’n geldinsameling begin, want die behandeling is duur en sal haar minstens N$1,3 miljoen kos. Teen Saterdagoggend is daar egter reeds N$960 000 vir haar ingesamel, met beide “bekendes en vreemdes” wat bydraes maak.
“Ek is so oorweldig en dankbaar vir almal se hulp en bydraes. Daar is nog soveel goedheid in die wêreld,” het ’n oorstelpte Kirchner-Jacobi die afgelope naweek uit Duitsland gesê, waar daar reeds met voorbereidings begin is vir haar bestraling wat op 14 Februarie sal afskop.
“Ons is werklik dankbaar vir elke sent – ek sien soveel mense wat gee, elkeen wat hy kan in ’n tyd soos die wat geld nie werklik op strate rondlê nie.
“Ek het aanvanklik baie gesukkel met die gedagte dat ek hulp van ander moet vra. Wie wil werklik om hulp moet vra? Ek het nooit gedink mense sou so reageer nie. Ek het geglo dat dit maande sou neem om geld in te samel en dat dit sal kom van familielede en dalk ’n paar vriende,” het ’n dankbare Kirchner-Jacobi gesê.
Dit volg ná vier jaar, waar die siekte die Kirchner-Jacobi-gesin reeds onder enorme druk geplaas het – emosioneel asook finansieël, waar sy die erns van haar siekte onder oënskou moes neem, asook die uitwerking wat dit op haar fisieke en geestesgesondheid gehad het.
In ’n brief wat vir die geldinsameling geskryf is, sê Kirchner-Jacobi dat dit haar grootste wens is om haar 22 maande oue seuntjie te kan sien grootword.
“Ek vra om hulp, uit die diepte van my hart. Met jou hulp kan ek hierdie episode finaal agter my plaas en vir eens en vir altyd van die gewas ontslae raak,” het sy in die brief geskryf.
Dis juis op hierdie brief wat Namibiërs, maar selfs mense uit Duitsland en elders, met oorgawe reageer het om die jong ma te help.
KANKER KOM TERUG
Kirchner-Jacobi het verduidelik haar bestraling sal net sowat vyf minute per dag duur en sal ’n hoë dosis wees. Sy gaan altesaam 33 sessies moet ontvang, terwyl die kankerselle deurentyd geskandeer en gemonitor sal word.
Sy sê sy het nooit gedink dat die kanker tot op die punt sou vorder waar sy bestraling sou moes kry nie.
Kirchner-Jacobi is reeds in 2019 met ’n seldsame tipe beenkanker in haar sinusse gediagnoseer. Sy het toe operasies ontvang om die kankerselle te verwyder, net om in Julie verlede jaar te hoor dat dit teruggegroei het en teen haar regteroog se optiese senuwee druk. Boonop is dit ook baie naby aan ’n slagaar geleë, wat verdere operasies baie gevaarlik sou maak.
Bestraling is dus al opsie wat oorbly teen hierdie onvoorspelbare kankergewas.
Sy kon normale bestraling teen die kanker in Suid-Afrika ontvang, maar met ’n goeie kans dat dit beide haar oë se optiese senuwees sal beskadig en haar blind kan laat. Boonop sal die bestraling ook ander negatiewe newe-effekte hê.
Die ander opsie is om proton-bestraling in Essen, Duitsland se West German Proton Therapy Centre te ontvang, wat beteken sy sal dalk net skade aan een oog hê – in die ergste geval. Hierdie opsie is egter heelwat duurder, het sy verduidelik.
Kirchner-Jacobi sê die voordeel is egter dat dié tipe bestraling baie meer spesifiek is en meer doelgerig op net die kankerselle gefokus kan word. Dit kan egter steeds haar regteroog se senuwee aantas, maar dan is dit nog steeds net een oog wat aangetas word.
Daar is intussen twee bankrekeninge, een in Namibië en een in Duitsland, vir Wanda se geldinsameling beskikbaar gestel.
Die Namibiese bankrekening se besonderhede is:
FNB, Wanda C S Fundraiser, 6427 990 8560, Maerua Mall 282273, Firnnanx. Mense kan hul eie naam of maatskappynaam as verwysing gebruik.
Die Duitse rekening se besonderhede is soos volg:
Bank DKB, W Jacobi, DE15 1203 0000 1007 4541 82, BIC BYLADEM1001 met verwysing Fundraiser Wanda en u naam.
Vir meer inligting kan Tina by 081 124 6421 of [email protected] gekontak word, of Wilko by 081 127 9429 of [email protected].
Haar amptelike GoFund-blad is https://gofund.me/8099d11f.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie