Man ‘woon’ by geliefde in hospitaalkamer
Egpaar is al meer as 40 jaar getroud
Willem Greeff het so te sê by sy siek vrou se hospitaalkamer ingetrek om soveel tyd as moontlik aan haar sy deur te bring.
Sowat ses maande gelede, in Maart, moes Dagmar Greeff ‘n rugoperasie in Walvisbaai ondergaan.
Dié operasie was relatief suksesvol, maar na vier dae van ‘n geïnduseerde koma en die ontwikkeling van bedsere het dié beproewing in een van pyn en angs ontaard en sy is sedertdien bedlêend.
Die afgelope om en by ses maande lê sy in die SpesCare Swakopmund sub-akute hospitaal, maar nie alleen nie – haar man, Willem Greeff, het so te sê by haar hospitaalkamer ingetrek om soveel as moontlik aan haar sy te wees.
Volgens die SpesCare-geriefbestuurder, suster Hildegard Meyer, is Dagmar die pasiënt wat die langste by hulle bly sedert die sentrum sy deure oopgemaak het en verlede Vrydag, met die viering van SpesCare se vyfde bestaansjaar, is Willem ook erken as die “mees toegewyde eggenoot” vir sy onwrikbare ondersteuning aan sy vrou.
’n Emosionele Willem het aan Erongo 24/7 verduidelik terwyl Dagmar behandel is vir haar bedsere, wat septies geword het en gevolglik tot septisemie (bloedvergiftiging, wat dodelik kan wees) gelei het, het sy ook in die stort geval en haar enkel gebreek, maar as gevolg van die rugoperasie en die infeksie was sy reeds geswel en het baie min gevoel in haar voete en bene gehad. As gevolg hiervan het sy eers later besef haar enkel is gebreek. Sy moes nog ‘n operasie ondergaan, en nou moet sy nog ‘n maand in die bed bly voordat sy weer mobiel kan probeer wees.
“Dit het alles begin omdat sy tydens haar geïnduseerde koma nie gereeld in haar bed gedraai is nie, die bedsere het só begin. Dit is iets wat voorkom kon word.”
Die Greeffs woon in Langstrand en hy werk in Walvisbaai, maar ongeag die afstand van hul huis na Swakopmund en sy werk, het Willem gesorg dat hy soveel as moontlik by Dagmar is. Die besoeke het al hoe meer uitgerek geword, veral ná die sterk oostewinde van sowat ‘n maand gelede wat meer as ‘n week lank geduur het.
“Dit het dit baie moeilik gemaak om elke dag heen en weer te ry, so ek het besluit om net hier by my vrou te bly. Dit het vir my soos ‘n tuiste geword, en SpesCare het nie ’n probleem daarmee nie – hulle vra my nie eens geld vir die verblyf nie, kan jy dit glo?” vertel hy met trane in sy oë.
Die egpaar is al meer as 40 jaar getroud. Hy slaap op die rusbank, en daar is ‘n badkamer en ‘n “kombuis” wat basies net ‘n yskas is. Daar is ook televisie. Hy moet nog gaan werk, maar hy kom terug hospitaal toe om by sy vrou te wees, en beoog om dit te doen totdat sy ontslaan word.
“Die manier waarop hulle na ons omsien, is asof hulle familie is. Van die skoonmakers tot die kombuispersoneel en versorgers, verpleegsters en matrones, sowel as die dokters – hulle gee almal om. Daar is nooit ‘n tyd wanneer ons voel asof ons ‘n las is nie. Ons is nooit bang om hulle om hulp te vra nie, en hulle doen dit so gou as wat hulle kan. Ons is baie dankbaar,” het Dagmar gesê.
Die SpesCare-hospitaal is op dieselfde perseel as die Swakopmund-aftreeoord in Swakopmund se Ocean View-woonbuurt. Terwyl hulle as onafhanklike entiteite funksioneer, is hul nabyheid nuttig vir die inwoners van die aftreeoord, terwyl die pasiënte weer die aftreeoord se geriewe soos die restaurant en bistro, tuine en sekuriteit kan geniet. Die pragtige en ruim tuin met ‘n restaurant en bistro laat pasiënte toe om uit te kom en die vars lug en sonskyn (of koel mis) in die geselskap van versorgers of vriende en familie te geniet.
Meyer het verduidelik die SpesCare in Swakopmund is die enigste een in Namibië en vorm deel van die SpesCare-groep wat ses hospitale in Suid-Afrika se Kaapprovinsie het. Die gerief met 28 beddens spesialiseer in post-operasie-rehabilitasie, soos ná heup- en knievervangings, of enige ander vorme van chirurgie wat ’n hersteltydperk vereis.
“Sodra ‘n pasiënt in ‘n akute hospitaal gestabiliseer het, kom hulle na ons toe vir nasorg, wat baie belangrik is,” het sy verduidelik en bygevoeg ’n veelsydige span wat fisioterapeute, arbeidsterapeute, dieetkundiges, sielkundiges, verpleegkundiges, versorgers en dokters insluit, vorm alles deel van elke pasiënt se sorg en herstelproses.
“Ons is beskikbaar vir die hele Namibië. Enige pasiënt kan na ons toe kom. Ons dienste word ook deur al die mediese fondse gedek, en ons tariewe is baie bekostigbaar.”
Volgens Meyer sien baie mense hoe mooi en netjies die geriewe lyk, wat die indruk wek dat dit baie duur is, maar sy het gesê kliënte is welkom om met haar te praat en al die nodige inligting te kry. Volgens haar lyk SpesCare se toekoms belowend vanweë die belangrike diens wat dit kan lewer, en die groot behoefte aan só ‘n diens.
Jarelange personeel het erkenning ontvang tydens ’n intieme geleentheid wat gehou is ter viering van die sentrum se vyfde bestaansjaar. Dr. Wolfgang Tietz het ’n motiveringstoespraak gelewe terwyl die personeel ook ‘n dansuitvoering gelewer het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie