Foto verskaf
Foto verskaf

Plaaslike, handgemaakte produkte by The Shed

Yolanda Nel
“Toe ons die eerste keer van The Shed gehoor het, het ons gebid. Want ons het geweet dit gaan eendag ons s’n wees.”

So vertel die nuwe eienaar van The Shed, Henno Slinger, wat die onderneming nou saam met sy vrou, Natasja, bestuur.

“Hierdie ruimte is vir diegene wat goedere skep en ’n plek nodig het om dit te verkoop.” En daar is reeds meer as 12 skeppers wat van die geleentheid gebruik maak.

“Van bevrore etes en koekies tot handgemaakte sakke, hier is iets van almal en iets vir almal,” lag Henno.

“Tannie Trix se koekies is nou maar net die beste en wat dit ekstra spesiaal maak, is die Bybelversie wat sy by elke pakkie sit. Dieter se bevrore maaltye is ook baie gewild. Sy vrieskas staan hier en die mense staan tou om hulle hande daarop te kry. Hy is ’n professionele sjef en sy kos is uit die boonste rakke. Dit help ook diegene wat net nie tyd het vir kosmaak nie, maar steeds ’n gesonde bord kos wil voorsit.”

Hier is tot ingelegde produkte en ’n bederfie vir honde. Hierdie eenstop-winkel is die ideale plek om unieke en handgemaakte geskenkies te kry – hetsy vir ’n klein bederf of vir iemand se verjaarsdag.

As ’n assistent-pastoor, het Henno en sy vrou kort-kort Swakopmund toe gekom en so van The Shed te hore gekom. Toe hulle die keuse maak om permanent na Swakopmund te verhuis, het hulle Herman Klose van die Swakop Flora Nursery ontmoet. Ongelukkig het The Shed toe reeds aan iemand anders behoort.

“Ons het in ons harte geglo dit sal eendag ons s’n wees. En alles het op die regte tyd gebeur.”

Volgens Henno het die pandemie ’n groot invloed gehad op die hoeveelheid mense wat goed begin maak het, bloot om besig te bly en ’n inkomste te verdien.

“Dis heerlik om ook vir daardie mense ’n platform te kan skep waar hulle hul produkte kan verkoop.”

Natasja het nog altyd ’n passie vir mense gehad en ’n groot behoefte om mense te dien. Nadat hulle na Swakopmund verhuis het, het sy besluit om dadelik weer te begin werk. “Ek wou iets vind wat my passies aanwakker en The Shed is presies dit,” vertel sy.

“Dis lekker om met die mense te gesels wat goed uit niks met hulle hande kan maak. Dis lekker om hulle stories te hoor.”

The Shed is by die Swakop Flora Nursery en kliënte kan hier ook kom asem skep en ’n beker koffie geniet. Die sjokoladebruintjies is ook uit die boonste rakke en die mense is gaande oor die kaaskoek wat hier opgetower word.

Indien enigiemand iets het wat hulle graag vanuit The Shed sal wil verkoop, kan hulle die Slingers kontak by 081 248 6228.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!