Buitelanders besit 1,3 miljoen ha
Die parlement se staande komitee oor natuurlike hulpbronne voer vanoggend ’n openbare debat oor die eienaarskap van landbougrond in Namibië in buitelanders se besit.
Dit volg op ’n klagskrif oor die kwessie van eienaarskap van landbougrond wat die Affirmative Repositioning (AR) van stapel gestuur het.
Volgens inligting wat mnr. Petrus Nangolo, direkteur van grondhervorming in die ministerie van landbou, water en grondhervorming, voorgelê het, besit Duitse burgers sowat 629 000 hektaar (ha) kommersiële landbougrond in Namibië, en Suid-Afrikaners sowat 349 000 ha.
Sweedse burgers besit 42 000 ha, Chinese burgers 40 000 ha, Italianers 13 000 ha, Britse burgers 13 000 ha, Spanjaarde 12 000 ha, Nederlanders 4 000 ha en Kanadese 3 000 ha.
Vier-en-dertig plase van altesaam 176 000 hektaar is vennootskappe tussen Namibiërs en buitelandse burgers. Buitelanders besit altesaam 1,3 miljoen ha, volgens Nangolo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie