Man wou glo verkeersbeampte omkoop
'n Inwoner van Botswana is in Swakopmund in hegtenis geneem, nadat hy glo N$50 as omkoopgeld aan 'n verkeersbeampte gebied het. Die 36-jarige man het 'n verkeersboete van N$1 000 in die gesig gestaar wat met permitte vir sy motor verband hou. Hy is nie geïdentifiseer nie, omdat hy nog in die hof moet verskyn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie