Minder arrestasies weens dwelms in Mei
Dwelmgebruik neem toe
Die oorlog om dwelms woed steeds voort benewens die feit dat 'n afname in dwelmverwante inhegtenisnemings in Mei teenoor April aangeteken het.
Die Namibiese polisie (Nampol) het ’n afname in dwelmverwante inhegtenisnemings die afgelope maand aangeteken teenoor die vorige maand.
Die polisie het in April beslag op 1 223 690,5 kg se dagga gelê teenoor die 121 448 kg in Mei.
Altesaam 11 173 Mandrax-tablette is in April gekonfiskeer in vergelyking met 244 in Mei.
Die polisie het in April op 736 eenhede crack-kokaïen beslag gelê teenoor die 44 eenhede in Mei.
Altesaam 137 mense, waarvan 121 Namibiërs is, is die afgelope maand in hegtenis geneem in vergelyking met 101 in April.
Die woordvoerder vir die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, sê dit word eers as ’n oorwinning beskou wanneer beskuldigdes gepaste vonnisse opgelê word.
“Die feit dat minder mense in hegtenis geneem is, beteken nie daar is minder dwelmgebruik nie. Arrestasie is daarop gemik om die verdagtes voor die hof te daag om hul skuld te bepaal,” sê sy.
Shikwambi sê ook dwelmmisbruik neem landswyd toe.
“Ons weet almal Namibië is ’n land wat dwelms gebruik en daarom sal die polisie aanhou om die gebruik van misdaad aggressief te beveg en ons sal ook van openbare inligting afhanklik wees,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie