Onderwyseres vasgetrek vir dwelms
Verskyn na verwagting vandag in hof
'n Dertigjarige laerskooljuffrou is op Rehoboth in hegtenis geneem met 2 417 Mandrax-tablette in haar besit.
'n Dertigjarige onderwyseres van 'n laerskool op Rehoboth is Dinsdagmiddag op die dorp vir die besit van meer as 2 000 Mandrax-tablette vasgetrek.
Die onderwyseres wie se naam aan Republikein bekend is, is verbonde aan die Laerskool Ruimte. Sy is Dinsdag omstreeks 18:00 in Blok G op die dorp in hegtenis geneem vir die handeldryf in verslawende dwelmmiddels.
Volgens hoofinsp. Elifas Kuwinga, mediahoof van die Namibiese polisie, het sy 2 417 Mandrax-tablette in haar besit gehad met 'n waarde van N$290 040.
Volgens inwoners op die dorp is die onderwyseres glo in 'n verhouding met 'n man wat na bewering bekend op die dorp is vir die handeldryf in dwelms. Die vrou verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Rehoboth. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie