Ouers in hegtenis ná lyk van babadogtertjie in vlak graf gevind is
'n Paartjie van die plaas Swartberg naby Karasburg is agter tralies, nadat die liggaam van hul viermaande oue babadogtertjie in 'n vlak graf gevind is. Volgens die Namibiese polisie het hul werkgewer opgemerk die dogtertjie is nie meer by hulle nie. Die paartjie se antwoord was dat hulle haar na familie in die Noorde gestuur het. Na bewering het die paartjie egter verdag opgetree en is die hulp van die polisie ingeroep. 'n Ondersoek het gelei tot die ontdekking van die vlak graf. Volgens die polisie is die dogtertjie reeds in November begrawe. Die ouers is tans in aanhouding by die polisiekantoor op Karasburg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie