#PAS IN: Suid-Afrikaanse voortvlugtige vasgetrek
'n Suid-Afrikaanse man (58) wat in dié land skuldig bevind is aan bedrog en tot ses jaar tronkstraf gevonnis is, is Saterdag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vasgetrek. Die man het sy werkgewer vir etlike jare uit duisende rande bedrieg en is op 22 Augustus 2003 in die streekshof in George in die buurland op 210 klagtes van bedrog skuldig bevind. Hy is tot ses jaar tronkstraf gevonnis en het appèl teen die vonnis aangeteken wat egter van die hand gewys is. Volgens die Namibiese polisie het die man nie vir sy tronkstraf aangemeld nie en is 'n bevel vir sy inhegtenisname op 23 Augustus 2011 uitgereik. Met sy aankoms uit Angola op die lughawe het die skandering van sy paspoort gewys hy is op Interpol se Rooilys as 'n voortvlugtige wat gesoek word vir bedrog in Suid-Afrika. Hy is tans in die aanhoudingselle op Seeis tot met sy verskyning Maandag in die hof en in afwagting op administratiewe opdragte uit Suid-Afrika.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie