• Tuisblad
  • Misdaad
  • #PasIn: Man in hegtenis geneem vir 79-jarige vrou se verkragting
No Image Caption

#PasIn: Man in hegtenis geneem vir 79-jarige vrou se verkragting

Ellanie Smit
’n 31-jarige man is gisteraand gearresteer omdat hy na bewering verlede week ’n 79-jarige vrou by Oshivelo in die Oshikotostreek verkrag het.

Volgens die polisie het die bejaarde vrou in haar slaapkamer geslaap toe sy wakker word en sien hoe die verdagte die deur oopmaak wat nie gesluit was nie en inkom.

Sy het glo die man gevra wie hy is, maar hy het haar begin dreig om stil te bly, anders sou hy haar doodmaak. Hy het haar toe uitgetrek, terwyl hy haar nek vasgehou en haar verkrag het.

Volgens die polisie het die verdagte ná die verkragting vertrek, maar 'n paar oomblikke later teruggekom en beweer dat hy op soek is na sy broek wat hy agtergelaat het en haar weer verkrag.

Die voorval het op 24 Mei plaasgevind, maar die vrou het niemand ingelig oor wat gebeur het tot Sondag nie, toe sy haar niggie vertel het. Die voorval is gister by die polisie aangemeld. Die arrestasie is daarna gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!