#PasIn: Verdagte sterf in aanhoudingselle
Jeyno Gino Fredericks (31), wat van verkragting aangekla is, is Sondagaand ná 'n bakleiery met 'n ander aangehoudende in die aanhoudingselle van die Mariental-polisiestasie dood.
Polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het die voorval bevestig en gesê die oorsaak van die konflik tussen die twee mans is tans onbekend.
"Dit word beweer dat die oorledene bewusteloos op die grond geval het ná 'n fisiese geveg met 'n ander aangehoudende. Hy is na die Mariental-hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar. Geen fisieke beserings is op die liggaam van die oorledene waargeneem nie. Die oorsaak van die dood is onbekend, maar 'n lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak te bepaal," het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie