No Image Caption

#PasIn: Vyf hou mense in Eros aan

Ellanie Smit
Vyf onbekende verdagtes het gisteraand in 'n huis in Eros, Windhoek ingebreek, die slagoffers vasgebind en hulle met 'n vuurwapen aangehou.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 21:30 in Amasonietstraat plaasgevind.

Die verdagtes het blykbaar die heining gebreek, die huis binnegegaan, die slagoffers in die slaapkamer met 'n pistool en messe aangehou en hulle met veters en draad vasgebind.

Hulle is toe beveel om in 'n toilet te bly.

Die verdagtes het 'n pistool, 'n skootrekenaar, selfone, koeëls en kontant in Amerikaanse dollars gesteel. Die waarde is onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie.

Dit is onduidelik hoeveel mense in die huis was. Die polisie het gesê meer besonderhede is nie in dié stadium beskikbaar is nie en dat die ondersoek dit later sal bepaal.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!