Reho-onderwyser bly agter tralies
Die 30-jarige laerskoolonderwyseres van die Laerskool Ruimte wat Dinsdag vir die besit van Mandrax-tablette vasgetrek is, bly agter tralies.
Me. Fozia Louw het gister in die hof op Rehoboth verskyn nadat sy Dinsdag omstreeks 18:00 in Blok G op die dorp in hegtenis geneem is.
Louw het 2 417 Mandrax-tablette met 'n waarde van N$290 040 in haar besit gehad. Sy bly tot 29 Junie in aanhouding wanneer sy aansoek om borgtog kan doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie