Swakop-polisielid agter tralies vir omkopery

Sou glo ondersoek saboteer
'n Polisiebeampte van Swakopmund is in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld van N$15 000 aangevra het om bewyse in 'n ondersoek te laat verdwyn.
Adam Hartman
Adam Hartman

Ondersoekbeamptes van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het verlede Woensdag ’n polisiebeampte van Swakopmund, speur-adjudant-offisier Angula Kleopas Shea (51), in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van altesaam N$15 000 wou aanvaar.

Dié omkoopgeld hou verband met ‘n diefstalsaak van Desember verlede jaar toe vier verdagtes in hegtenis geneem is ná hulle potplante by ‘n plaaslike kwekery gesteel het.

Volgens die ACC-woordvoerder, me. Josefina Nghituwamata, het Shea omkoopgeld van een van die verdagtes se pa’s aanvaar. Hy het in Januarie begin omkoopgeld aanvra nadat die pa navraag gedoen het oor die erns van die diefstalsaak en ander inligting.

Shea het glo vir die pa gesê hy kan die vingerafdrukke vernietig, van die dossier ontslae raak en die klaer daarna oortuig om die diefstalsaak terug te trek. Hy sou dit by verskeie geleenthede doen en verskillende bedrae aanvra, wat uiteindelik N$15 000 beloop het.

Volgens Nghituwamata het die pa dié inligting eers tussen hom en die beampte gehou, maar het sowat twee weke gelede die ACC in kennis gestel, wat Shea uiteindelik by sy werkplek in hegtenis geneem het nadat genoegsame bewyse gevind is.

Hy het verlede Donderdag in die landdroshof op Swakopmund verskyn en is borgtog geweier. Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 17 Oktober.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!