Curro Windhoek Gimnasium. Foto bygedra
Curro Windhoek Gimnasium. Foto bygedra

Gimmies steeds 'n voorloper

Iréne-Mari van der Walt
Windhoek Gimnasium se fokus is om burgers van die 21ste eeu op ’n bekwame voet die grootmenswêreld in te stuur.

Leerlinge kan van graad 8 tot 12 in Engels, Afrikaans of Duits onderrig ontvang en met dié Curro-skool se vasberadenheid om klasgroepe klein te hou, kry elke leerling die geleentheid om die nodige aandag te ontvang.

Tans word die Namibiese kurrikulum by Windhoek Gimnasium aangebied, maar die skool het onlangs ’n kurrikulumverandering aangekondig.

Windhoek Gimnasium is ook trots op sy aanlyn program waar hoë gehalte-onderrig aangebied word.

As ’n Curro Select Skool is dit vir Windhoek Gimnasium van kardinale belang dat leerlinge vaardighede wat relevant is tot die modern era, soos rekenaarstudies, bemeester voor hulle die skool verlaat.

Leuse

Die skool staan veral bekend vir sy leuse: “Logos, pathos, ethos”.

Die woord “logos” verwys na die Woord van God wat hierdie skool glo sal hul pad vooruit wys.

ׅ“Pathos” verwys na die weg waarin die Here die skoolgemeenskap oplei – “die weg van waarheid, soos Jesus ons geleer het,” sê Luanne Bekker, Windhoek Gimnasium se woordvoerder.

“Ethos” is ‘n verwysing na die karakter en gees van die skoolgemeenskap.

Windhoek Gimnasium het in 2007 met 240 leerlinge in ’n kerksaal begin en wen die afgelope 15 jaar die PMR Diamond Award-toekenning as die beste privaat skool in die land.

“Hierdie groot eer is nie toevallig nie, want elke aspek van hierdie uiters suksesvolle instelling word gedroom, beplan, bestuur en uitgevoer in groot detail en in pas met die visie van uitnemendheid,” sê Bekker.

Vandag spog die skool met 2 200 leerlinge.

“In die toekoms sal die fokus altyd bly op die kinders en om te doen wat die beste is vir hulle – al vra dit soms drastiese veranderinge,” sê Bekker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!