Leerlinge se pad na sukses
Goewerneur gee bemoedigende boodskap
Die Ritja-loopbaanskou bied aan leerlinge die geleentheid om skouer met kenners in verskeie beroepe te skuur.
Die Ritja-loopbaanskou is ’n oop en inklusiewe inisiatief wat leerlinge van alle streke ondersteun.
Dit bied leiding aan leerlinge en om verskeie loopbaankeuses te verken.
Die voordele van ’n loopbaanskou sluit in direkte gratis interaksies, brosjures en inligting asook interaksie met ander leerlinge.
Die hoofdoelwitte van die loopbaanskou is onder meer om leerlinge en studente bewus te maak oor die noodsaaklikheid van 'n doelgerigte loopbaankeuse; om ’n kultuur van netwerk- en maatstafbepaling, interaksie en inligtingverspreiding te skep; inligting te verskaf oor die verskillende bedrywe in ons land; insig te gee oor die arbeidsmark; en om beroepsleiding te gee wat leerlinge sal bemagtig om die regte loopbaankeuse vir ’n beter toekoms te maak.
Ervare konsultante verskaf antwoorde op vrae asook 'n doeltreffende netwerk vir toekomstige benaderings. Internskappe, om twyfel uit die weg te ruim en om werk vir studente en/of werklose individue te vind, is ook onder die loep.
Die loopbaanskou bring die werksmag na die mense. Studente kan met ervare professionele mense – wat tans aktief in hul onderskeie loopbane is – praat en ’n idee kry oor hoe die verskillende bedrywe werk en wat om in die bedryf te verwag.
Laura-McLeod-Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, het die rol as beskermvrou van die Ritja-loopbaanskou aanvaar op grond van die skou se missie.
Sy het besluit om hierdie verantwoordelikheid wat hulle teenoor die land het, te aanvaar en beskou die loopbaanskou waardig om geloof in die jeug te bevorder.
Ritja is ’n bekende spreekwoord in Otjiherero wat “die alledaagse dikteer homself” beteken.
Sy sê sy het die uitdaging aanvaar om die jonger generasie te koester en hulle bewus te maak oor die noodsaaklikheid van beroepskeuse.
“Ons omstandighede moet die nodige verantwoordelike en produktiewe burgers produseer om ons nasionale ontwikkelingsdoelwitte te dryf vir die uiteindelike bereiking van ons Visie 2030.”
GOEWERNEUR SE BOODSKAP
Die goewerneur van die Otjozondjupastreek, James Uerikua, het leerlinge aangemoedig om van elke geleentheid wat hul pad kruis, gebruik te maak.
Hy sê om 'n loopbaan te kies, is een van die belangrikste besluite in ’n mens se lewe.
Sommige mense is gelukkig genoeg om te weet wat hulle wil doen en in ’n bevredigende loopbaan op te eindig, maar die meeste van ons is nie, het hy gesê.
“Loopbaanbeplanning beteken jy moet jouself ken, uitvind wat daar buite is, en om besluite te neem deur optredes te vergelyk en op te tree om jou doelwitte te bereik,” sê hy.
Volgens Uerikua kan die belangrikheid van sulke loopbaanuitstallings nie oorbeklemtoon word nie, veral vir skoolgaande leerlinge.
Hy het die leerlinge wat op die punt staan om hul studies te voltooi, gelukgewens omdat hulle hardwerkende individue is.
“Ek is seker julle het almal die nodige tegniese en kreatiewe vaardighede opgebou. Nou is dit tyd om vir werkgewers jou waarde te wys.”
Hy het bygevoeg dat hy ten volle bewus is dat sommige mense uiters senuweeagtig oor hul toekoms is.
Sommige leerling probeer nog hulself ontdek en wat hul passie is, terwyl ander daardie droomwerk in ’n kreatiewe rigting soek.
In die meeste gevalle volg leerlinge onderrigkursusse met die idee om onmiddellik ná universiteit werk te kry.
“Die onderwysdepartement is oorvol aangesien ons ’n surplus van 1500 gegradueerdes in junior primêr het. Dit beteken die aanbod is groter as die vraag.”
Dit is tog uiters belangrik vir leerlinge en studente om platforms van hierdie aard te gebruik en om daaruit munt te slaan.
“Ek wil elkeen van julle uitdaag om jou vrese in die gesig te staar en dit net te doen,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie